R’fontein se Steve Irwin
Ontmoet die 18-jarige wat vir niks wat kruip of suil vrees nie.
Alexander de Jager, 18, is waarlik Randfontein se Steve Irwin – die bekende Aussie-(wildlife expert) natuurlewe kenner wat oorlede is.
En hy vrees g’n Anaconda, skerpioen, spinnekop of iguana nie.
Die Herald het Alexander langs die pad opgemerk waar hy besig was om ‘n pofadder te vang.
Alexander het die Herald daarna al sy eksotiese diere op hulle plot gaan wys. Hy het ‘n skerpioen, spinnekop, ‘n iguana, Anaconda, Koringslang en Gopher slang. Alexander koop al sy diere by verskeie troeteldierwinkels.
Alexander hou glad nie wilde slange aan nie en glo daaraan om slange wat hy dalk sou raakloop, terug in die natuur te laat.
Alexander is al baie kere deur slange gebyt maar dra goed kennis van watter tipe slange giftig is. Alexander se gunsteling dier is by verre reptiele. Alexander bestudeer slange al vir baie lank waar hy in die veld van hulle foto’s neem.
Hy studeer ook elke dag boeke oor al die verskillende soorte slange. Alexander het hierdie passie al van kleins af en eendag sal hy graag die diere wil fotografeer en boeke oor hulle wil skryf.
Alexander word ook kort-kort deur die bure genader om ongewenste slange uit hulle huise te verwyder.
Ek raak baie kwaad as ek sien of hoor hoe mense slange sommer net so doodmaak,” sê hy.
Vir nou wil hy graag begin teël met slange en aanhou om soveel as moontlik kennis oor hulle te vergader. Alexander se vriend, Dylan van der Westhuizen, is net so lief vir slange.
“Alles wat ek weet, het Alexander vir my geleer.”
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.
Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



