Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) is die nuutste skool om die Sit Jou Voet Neer-veldtog te ondersteun.
“Die veldtog moedig mense aan om standpunt in te neem teen seksuele geweld teen kinders en vroue. Ons het toe besluit om een skooldag voor die April-vakansie kaalvoet op te daag,” het Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder gesê.
Al het die weer nie saam gespeel nie, het dit nie die projek gedemper nie. Helfte van die skool het nogsteeds kaalvoet skool toe gegaan. Selfs onderwysers en die skoolhoof, Julius Katzke was sonder skoene om hul ondersteuning te wys.
Randfonteiners wat belangstel om ‘n donasie van R1.50 te maak teen seksuele geweld teen kinders en vroue kan “putyourfootdown” SMS na 33445.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.
Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!






