Local newsNews

SA Feeste kry ‘n hupstoot

SA Feeste kry splinternuwe Kia Rio om opkomende musikale talente te bevorder.

SA Feeste het onlangs ‘n splinternuwe Kia Rio gekry van Kia Randfontein – deel van die Ben Moorgenrood-groep.

Die kar was een Woensdag in Maart aan Chanelle Ludick en Jenny Weideman van SA Feeste oorhandig. Hulle kry die kar vir ‘n jaar.

SA Feeste beaam hulle tyd tot die bevordering van opkomende musikale talente in Suid-Afrika. Hulle sal nou hul nuwe Kia gebruik om Randfontein se kunstenaars die hele Suid-Afrika deur te bemark. Tydens die oorhandiging was André Nel – bekend as die stem van die Sharks – en Tanya V teenwoordig.

SA Feeste se ander kunstenaars sluit in Kurt Darren, Elizma Theron, Gerhard Steyn, Karlien van Jaarsveld, Juan Boucher en Dozi.

“Dit is ‘n fantastiese motor en ons wil uit ons harte uit dankie sê vir die voorreg om Kia Randfontein se naam die land vol te dra sodat mense kan sien daar is besighede daar buite wat nog omgee vir Suid-Afrikaanse talent,” sê Chanelle.

SA Feeste gaan binnekort die Ben Morgenrood-groep help met ‘n konsert ten bate van hul welwillendheidsprojek in Randfontein.

Vir meer inligting oor SA Feeste besoek hul webwerf by www.safeeste.com.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Also read:

It’s raining cars, hallelujah!

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button