Laerskool Rapportyer (Rappies) se Mnr en Mej Rappies vir 2016 was onlangs tydens ‘n spog gala-aand funksie aangewys.
Volgens die skool is die affêre ook een van die hoogtepunte van hulle eeufeesvieringe.
Die gala-aand is voorafgegaan met drie uitdunaande vanaf die kleuters tot die seniors met ’n massadeelname deur Rappies-leerlinge. Daar word ook vooraf ‘n persoonlikheidsbeoordeling gedoen. Tydens die geleentheid is daar in verskeie kategorieë meegeding. Almal was getooi in wit en rooi.
Pieter Koen van die gewilde Jukebox-program op KykNET was die gaskunstenaar en het gesorg dat alles klopdisselboom verloop.
Al die wenners het sashés, geskenke en trofees ontvang. Die beoordelaars was puik – onder hulle was John Owens (Mnr SA 2015) en sy vrou Chantelle asook Cilene Swanepoel (Miss Teen SA).
Die wennners vir die aand was:
• Mej Kleuterskool – Mienke Kern; Desmari Swanepoel (1ste prinses) en Himoné van Heerden (2de prinses)
• Mnr Kleuterskool – Jordon Olwagen; Kyle van Staden (1ste prins) en Duncan Robertson (2de prins)
• Mej Rappies Junior – Luane Naude; Danicke Pistorius (1ste prinses) en Michaela Vrey (2de prinses)
• Mnr Rappies Junior – Peet de Bruin; Stefan de Jager (1ste prins), en Hendrico Tiedt (2de prins)
• Mej Rappies Senior – Anché Steyn; Christelle Vosloo (1ste prinses) en Kisha dos Santos (2de prinses)
• Mnr Rappies Senior – Jaden Smith; Steve Huysamen (1ste prins) en Pieter Naude (2de prins)
Rappies bedank graag Magda Swart, die hooforganiseerder, vir al haar harde werk en beplanning, asook elke personeellid, ouer en leerling wat die geleentheid so ‘n groot sukses gemaak het.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.
Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



