Hoërskool Riebeeckrand het Dinsdag, 10 Mei ‘n wit stinkhoutboom aan Laerskool Rapportryer oorhandig as ‘n geskenk.
Rappies het verlede maand hul 100ste bestaansjaar gevier.
Annelize van den Berg, Riebeeck-skoolhoof het saam Dewalt Britz en Vicky du Buisson (hoofseun en -dogter) die skool gaan besoek.
Annelize, wat selfs ‘n voormalige Rappie-leerling was sê,
Hierdie boom is ‘n teken van Riebeeck en Rappies se goeie verhouding.
“Rappies stuur vir ons uitstekende leerlinge elke jaar. Ons skenk die boom aan die skool en hoop dat die boom oor ‘n 100 jaar nog hier sal staan.”
Carel Stoop, Laerskool Rapportryer se hoof, was aangenaam verras met die mooi gebaar.
“Die boom is ‘n wonderlike geskenk en is ‘n teken van groei en lewe. Dit weerspieël definitief die mooi verhouding tussen ons twee skole. Baie dankie aan Annelize van den Berg en Hoërskool Riebeeckrand,” het Carel Stoop, Rappies-skoolhoof gesê.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.
Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



