NewsSchools

Rammie blink uit op verskeie gebiede

Graad 6-leerling van Ram haal uit en wys tydens Nasionale Netbalkampioenskappe in Boksburg.

Terwyl ander laerskoolleerlinge tydens die skoolvakansie laag gelê het, was Anre Naudé, ‘n Graad 6-leerling van Laerskool Randfontein by die Nasionale Netbalkampioenskappe in Boksburg vir die o.12 Gauteng Provinsiale Netbalspan in aksie.

Anre was tydens die Gauteng-proewe by Hoërskool Linden as ‘n potensiele provinsiale speler.

Volgens Anre, ‘n hulpdoelverdediger (HV), het sy en haar spanmaats altesaam nege wedstryde oor drie dae gespeel.

“Die eerste dag het ons sommer met drie wedstryde afgeskop. Ek het elke wedstryd in albei rondtes gespeel. Ek was omtrent uitgeput na die dag,” het Anre vertel.

Volgens Anre het die spanlede twee-twee in ‘n kamer in Birchwood Hotel tuisgegaan.

“Dit was eintlik baie lekker. Ek het maats gemaak met ‘n meisie van Benoni en ons het saam die kampioenskappe geniet.”

Dewald Naude, Anre se pa het gesê sy dogter het haarself onmisbaar gemaak deur só baie rondtes te speel. Die span het algeheel 12de uit 21 spanne geëindig.

Sy is nie net ‘n uitstekende netbalspeelster nie, sy presteer ook op akademiese gebied. Sy is derde onder die skool se top 10-leerlinge in Graad 6. Haar gemiddeld is 94 persent.

“Ek doen die beste in Aardrykskunde; dit is nie te moeilik nie en ek leer hard.”

Anre neem ook aan atletiek deel. Sy het vertel sy is vreeslik opgewonde oor die atletiekseisoen wat weer aangebreek het.

“Ek gaan sommer vir 100m en 150m inskryf. Ek is rêrig goed daarin,” het sy gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook: 

10/10 vir RAM netbal

Ram-netbal blink uit

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button