NewsSchools

Jannas-ringbalspeler beloon met SA-kleure

Jannas is verskriklik trots op Jeandre en wens hom en sy span alle sterkte toe vir die toer wat voorlê.

Nog ‘n leerling van Hoërskool Jan Viljoen het goed presteer in ‘n buitekurrikulêre aktiwiteit.

Jeandre Bothma, ‘n Graad 11-leerling en ook ‘n puik ringbalspeler het onlangs as lid van die Ringbalfederasie se o.17-seunspan aan die Provinsiale Ringbalkampioenskappe deelgeneem.

Tydens die kompetisie is Jeandre vir die Suid-Afrikaanse o.17-ringbalspan in sy gereelde posisie as verdediger gekies.

Die span gaan van 18 tot 23 Augustus Mauritius toe. Tydens die toer gaan hulle amptelike wedstryde teen onder andere Indië, Mauritius en Namibië speel. Jeandre is opgewonde om te gaan want hy was nog nooit in die buiteland nie.

Dié Jannas-leerling is ook deel van die o.17 Wes-Rand-ringbalspan wat aan die Nasionale Ringbalkampioenskappe deelgeneem het.

In albei kampioenskappe het Jeandre sy internasionale Protea-kleure en ook sy volle Springbok-kleure verwerf.

Jannas is verskriklik trots op Jeandre en wens hom en sy span alle sterkte toe vir die toer wat voorlê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button