NewsSchools

Kleuterskool in Elandsvlei opgegradeer

Minderbevoorregte kinders ontvang ook warm sweetpakke.

Daar was baie om oor opgewonde te raak by Thumbelina-kleuterskool op Saterdag, 23 Julie.

Die minderbevoorregte kleuters het nuwe sweetpakke ontvang en die skool is opgegradeer.

Oratile Baatweng en Hope Sibandze, twee van die kleuters van Thumbelina-kleuterskool wat geborgde sweetpakke ontvang het.
Oratile Baatweng en Hope Sibandze, twee van die kleuters van Thumbelina-kleuterskool wat geborgde sweetpakke ontvang het.

‘n Klereverskaffer het die sweetpakke geskenk en wat die opknappingswerk betref het die bestuur, ouers en werknemers saam die kleuterskool se fasiliteite opgegradeer. Die ouers en werkers het die kleuterskool se binnemure geverf.

Chris Ntimbane, Lawrence Maliso en Shorty Vice van Thumbelina-kleuterskool besig om die mure van die kleuterskool te verf.
Chris Ntimbane, Lawrence Maliso en Shorty Vice van Thumbelina-kleuterskool besig om die mure van die kleuterskool te verf.

 

Marene Arthur, eienaar van die kleuterskool het gesê die oogmerk was om die kleuters soveel moontlik te ondersteun en hul gesondheid en welsyn by die kleuterskool te verseker.

“Die winter is nog nie naastenby verby nie en hulle kry bitter koud,” het Marene gesê.

Sy het bygevoeg dat dit ook ‘n geleentheid was vir ouers, kleuters en personeel om op ‘n meer informele vlak sosiaal te verkeer en mekaar te leer ken.

Na al die harde werk het hulle vleis gebraai en saam lekker geëet en gesels.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook: 

Rappies speel golf vir minderbevoorregtes

Rierand veg die koue vir minderbevoorregtes

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button