NewsSchools

Toks en Tjops-sjef besoek Riebeeck

'Klein dorpe se mense is my gunsteling. In die stad word selfs die geselskap kommersieël. Met wie kommunikeer jy dan werklik?’

Tommy Dickson, ‘n plaaslike braailegende beter bekend as Sjef Vaatjie van Toks en Tjops was die afgelope Saterdag (30 Julie) by Hoërskool Riebeeckrand se Fiëstafees om gemeenskapslede se braaivleis te proe en te beoordeel.

Die braaikompetisie het sewe spanne getrek waarvan elkeen ‘n stukkie vleis op die kole moes voorberei. Spanne het rondom die vuur gekuier terwyl hulle vir die vuur gewag het om die regte steak-braaitemperatuur te bereik. Almal het hul vleis met sorg gebraai en met ‘n valkoog seker gemaak dit brand nie.

Niko Smit is as die beste braaier van die dag aangewys. Sjef Vaatjie het gesê dit was die bykos wat gemaak het dat die span wen.

Die spanne was gelykop, maar die braaibroodjie wat saam met die span se blouwildebees-steak voorgesit is, het ‘n ekstra punt verdien,” het Sjef Vaatjie gesê.

Hy het ook vertel hoe besonder die dag vir hom was en dat die gees onder die deelnemers opvallend was.

“Klein dorpe se mense is my gunsteling. In die stad word selfs die geselskap kommersieel. Met wie kommunikeer jy dan werklik?”

Die fiëstafees het ook vroeër Saterdagoggend ‘n 20km- en ‘n 45km-fietswedren ingesluit. Daneil Kotzé, ‘n Graad 8-leerling was die wenner van die 20km-wedren en Alwyn Steenkamp, voormalige Riebeeck-leerling het die 45km in ‘n rekordtyd van 1 uur en 11 minute voltooi.

‘n Skittervertoning van sangeres Irene-Louise van Wyk en sanggroep Adam het die fees afgesluit.

Hoërskool Riebeeckrand bedank elke feesganger, deelnemer en gaskunstenaar vir hul bydrae en ondersteuning tydens die fees.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook: 

Hoerskool Riebeeckrand maak hulle topbestuur bekend

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button