NewsSchools

Twaalf studentonderwysers proef by Jannas

'Die skool het elkeen van ons hartlik verwelkom en ons deel van die 'wow-familie' laat voel.'

Twaalf studente-onderwysers het onlangs vir Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) kom kuier.

Die skool het 10 studente van NWU-Pukke, een van NWU-Vaal en een van Unisa gehad wat van 18 Julie tot 5 Augustus by hulle geproef het.

Marie Visser, Nirica Crous en Arnold Naude is drie eerstejaarstudente en die vier tweedejaarstudente is Hilgard Kleinhans, Andre Ackron, Zandi Sintwa en Rouwayda Limbada.

Die vyf derdejaarstudente wat by Jannas geproef het is Alzine Smith, Robin Otto, Elouise Oberholzer en Charmaine Bezuidenhoud en Jessica Rabe.

“Die skool het elkeen van ons hartlik verwelkom en ons deel van die ‘wow-familie’ laat voel. Ons het duursame lesse geleer wat ons nog vêr in die praktyk sal bring,” het Charmaine gesê.

“Jannas wens elke student ‘n suksesvolle tweede kwartaal toe en verwelkom die spesiale groep enige dag terug,” het skoolwoordvoerder Tamaryn Smith gesê.

Meer oor Jannas:

Janas sit hul liefdadigheid-voet voor

Teatergogga byt Jannas

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button