Dit is nie net die leerlinge van Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) wat in sport uitblink nie, maar die skool se onderwysers ook.
Chaney Lindner, is een van daardie onnies wat onlangs in netbal presteer het. Sy is gekies vir die Wes-Rand se senior-vrouespan waar sy ook as kaptein aangewys is. Die span het reeds in Junie aan die Gauteng Kampioenskappe deelgeneem en ‘n bronsmedalje verower.
Later is sy in die Gauteng senior vorue-span opgeneem wat in Augustus aan die Suid-Afrikanse Netbalkampioenskappe in Durban deelgeneem het.
Chaney wil dankie sê aan Driekie Putter, haar afrigter.
Lees ook:
Marilee ‘n Protea vir die toekoms
Jannas se topbestuur aangekondig



