
Leerlinge van Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het die koms van die lente behoorlike gevier en in die proses geld vir liefdadigheid ingesamel.
Van Dinsdag 30 Augustus tot Vrydag 2 September het Jannas Lenteweek gevier.
Op die Dinsdag kon leerlinge volgens ‘n tema aantrek en Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder het vertel hulle kon mekaar skaars herken.
Een van die populêre temas was nerds (bleeksiele) en boemelaars, maar die hoogtepunt van die dag was die gender switch-tema. Talle seuns het glo heel aanvallig in hul rompies gelyk.

“Ons het ‘n paar aantreklike jong manne in ons geledere gehad,” het Tamaryn gesê.
Op die Vrydag het leerlinge as boere skool toe gegaan en hul gate uit geniet met allerhande soorte boeresport. Leiers moes ook die knie voor die Jannas-onderwysers buig tydens ‘n vlugbalwedstryd.
Volgens die skool gaan Lenteweek nie net oor pret en plesier nie. Die hoofdoel is om fondse vir liefdadigheid in te samel. Die Graad 11 Verteenwoordigende Raad van Leerlinge (VRL) het daarin geslaag om ‘n stewige bedrag bymekaar te maak.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!