NewsSchools

Wiskunde belangrik vir Jannas

Jannas bied soggens vroeg Wiskunde-klasse aan.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) is vasbeslote om ‘n 100-persent slaagsyfer te kry in hierdie jaar se matriekeksamen en ook seker te maak dat die res van hul leerlinge goed vaar.

Die skool besef hoe belangrik wiskunde in die buitelewe geag word, daarom loop Jannas die ekstra myl met hul wiskundeleerlinge deur soggens van 7vm tot 8vm ‘n verpligte klas vir leerlinge van Graad 10 tot Graad 12 aan te bied.

Die klasse kom veral handig te pas noudat die Graad 12-leerlinge se eindeksamen om die draai is en die Graad 11-leerlinge punte moet instuur vir universiteitstoelating.

Lees ook

Hoërskool Jan Viljoen vier matriekuitslae 2015

Jannas matrieks spog met uitslae

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button