
Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) is vasbeslote om ‘n 100-persent slaagsyfer te kry in hierdie jaar se matriekeksamen en ook seker te maak dat die res van hul leerlinge goed vaar.
Die skool besef hoe belangrik wiskunde in die buitelewe geag word, daarom loop Jannas die ekstra myl met hul wiskundeleerlinge deur soggens van 7vm tot 8vm ‘n verpligte klas vir leerlinge van Graad 10 tot Graad 12 aan te bied.
Die klasse kom veral handig te pas noudat die Graad 12-leerlinge se eindeksamen om die draai is en die Graad 11-leerlinge punte moet instuur vir universiteitstoelating.
Lees ook
Hoërskool Jan Viljoen vier matriekuitslae 2015
Jannas matrieks spog met uitslae
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.