
Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het weereens ‘n suksesvolle Graad 10 Lewenswetenskap (LW)-uitstappie beleef.
Die uitstappie het in die begin van verlede maand by Happy Acres in Magaliesburg plaasgevind.

Volgens die skool was dit gereël sodat hulle Graad 10-leerlinge hul Skoolgebaseerde Assessering-taak (SBA) kan voltooi. Die Graad 10-leerlinge het in die rivier baljaar en nuwe plante, diere en voël spesies ervaar.

Volgens Ashley Cowan, ‘n LW-leerling, was dit ‘n baie suksesvolle uitstappie.
Sy sê sy het baie geleer en dit net so baie geniet het.

“Dankie aan Juffrou Sylvia Maas en Juffrou Magdie Vermeulen wat ons vergesel het. Dit was soveel pret,” sê Ashley.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort Record, Krugersdorp News and Get It Joburg West Magazine
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!