Op Vrydag, 14 Oktober het Hoërskool Riebeeckrand hul toneelstuk, Skitterkas, vir ‘n klomp eregaste, ouers en leerlinge aangebied.
Die Junior en Senior drama- en dansgroepe het saam in dié uitstaande vertoning opgetree. Riebeeck se pom-pomspan en ‘n spreekkoor het die aand verder ‘n onvergeetlike ondervinding gemaak.

Die toneelstuk is ook gratis op 11 Oktober aan ‘n groep bejaardes aangebied. Die bejaardes is bederf met ‘n pragtig versierde saal en heerlike koek en tee. Die volgende dag is nog ‘n gratis vertoning voor ‘n gehoor van laerskool-leerlinge aangebied.
Op 13 Oktober, was dit die ouers en leerlinge se beurt om die prag vertoning te beleef.

Die Herald het die vertoning bygewoon en was stomgeslaan oor die uitmuntende spreekkoor en Riebeeck se pom-pomspan. Die dramagroepe en spreekkoor het diep boodskappe gelewer wat elke persoon aangeraak het.
Die pom-pomspan was natuurlik ‘n vertoning uit ‘n ander wêreld en het die gehoor behoorlik wakker gemaak met hulle uitstekende ritme.

Die skoolhoof, Annelize van den Berg, het met die opening van die aand, gesê, “Ek bedank almal vir hulle ongelooflike harde werk.” Leona van der Westhuizen is ook bedank vir haar ongelooflike toewyding.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



