NewsSchools

Riebeeckrand se bestes beloon

Top sport- en kultuurleerders van Riebeeck ontvang sertifikate, balkies, erekleure, lourierkleure en trofeë tydens drie groot prysuitdelingsfunksies.

Talle seuns en dogters wat op sport-, kultuur- en akademiese gebied presteer het, is tydens Hoërskool Riebeeckrand se drie prysuitdelingfunksies op 19, 20 en 24 Oktober beloon.

Met die sportprysuitdeling op 19 Oktober is presteerders met sertifikate, balkies, erekleure, lourierkleure en trofeë vereer. Die top prestasie vir die aand was die veelsydigheidstoekennings wat onderskeidelik aan Lee-ona Pretorius (veelsydigste junior dogter) en Theart Visagie (veelsydigste junior seun) oorhandig is. In die senior kategorie het Monique Crafford (dogter) en Theo Potgieter (seun) met die toekenning weggestap.

Op 20 Oktober was dit Riebeeckrand se kultuurprysuitdeling. Daartydens is leerders erken vir leierskap en verskeie kultuuraktiwiteite. Beloved Sechele, ‘n Graad 11-leerder het haar lourierkleure ontvang. Leerders met lourierkleure dra wit baadjies.

Tydens die matriekprysuitdeling wat op 24 Oktober plaasgevind het, is daar vir oulaas dankie gesê vir 2016 se matrikulante se harde werk. Hulle het nie net erkenning vir hul sport- en kultuurprestasies ontvang nie, maar ook vir akademiese prestasies. Tydens die spoggerige geleentheid is Vicky du Buisson as die duxleerder van 2016 aangewys.

Riebeeckrand is opgewonde oor hul matrikulante se rekordeksamenuitslae en verwag ‘n stewige aantal onderskeidings.

Riebeeckrand se hoof, Annelize van den Berg en personeel wens hulle matrikulante alles van die beste toe met die eindeksamen.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button