Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se matrieks het met trane in hul oë hul laaste saalopening bygewoon.
Jannas se 2016-matriekgroep het hul laaste saalopening van hulle skoolloopbaan op 17 Oktober saam met hul ouers, personeel en medeleerders bygewoon.
Julius Katzke, Jannas-skoolhoof het die matriekgroep bedank vir die monumente wat hulle agterlaat en het beklemtoon watse besonderse groep hulle is.
“Mag hierdie eksamen net nog ‘n suksesverhaal in jul lewe wees – mag julle ons trots maak met jul uitslae,” het Julius gesê.
Na die spesiale saalopening het Jannas se matrieks deur die tradisionele erewag van leerlinge, onderwysers en ouers gestap.

Die emosionele seremonie is afgesluit met die jaarlikse kerkdiens wat deur ds Tjaart Venter gelei is. Die matrieks se laaste akademiese prysuitdeling het na afloop van die diens plaasgevind.
Julius het raad vir elke matriek se lewenspad gegee en hulle gegroet soos net hy dit kan doen.
“Ek groet julle met ons leuse Labore ad Luceum – deur arbeid na lig. Baie dankie en baie sterkte!”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



