By ’n glansgeleentheid op Dinsdag, 25 Oktober, het Laerskool Rapportryer hulle leiers vir 2017 ingehuldig.
Die geleentheid is deur die nuwe leiers se ouers en personeel bygewoon.
Die hoofleiers is ook tydens die funksie aangekondig. Rappies sê baie geluk aan hoofdogter Marisse Huysamen en onderhoofdogters Logan Jordaan en Simone Joubert.
Die hoofseun is Jaden Smith en die onderhoofseuns Jano du Plessis en Rocco Oosthuizen.
Op Vrydag,14 Oktober is die leerlinge en hul ouers ingelig oor wie die leiers vir 2017 gaan wees. Die leerlinge was baie opgewonde oor die uitslae, en het in spanning gewag om te hoor wie die hoofleiers sou wees.
Die res van die leiers wat vir 2017 gekies is, is Karla Beukes, Michaela Bondesio, Gemma Botha, Arné Coetzer, Larize Delport, Anel Ellis, Cara Ernst, Kylie Gouws, Caylan Grobler, Sinead Hall, Karla Henning, Mickaylla Jansen van Vuuren, Kieran Knight, Ashley Minnie, Monrico Perry, Dylan Pienaar, Eben Pouwels, Chanelda Prinsloo, Carli Rall, Dylan Schmulling, Rochelle Schoeman, Micaylynne Schoeman, Marli Theunissen, Thezald Tiedt, Megan Usher, Leane van Zyl, Nicci Venter, Ruan Visser en Chantey Zaayman.
Rappies se leiervoogde Jannelie van Aswegen en Gordon Taylor sien baie potensiaal in die leiers van 2017, en weet dat hierdie groep soos in die verlede weereens ‘n wenner leiergroep gaan wees.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort Record, Krugersdorp News and Get It Joburg West Magazine
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



