Die uitdunne het einde verlede maand by die Camping & Fishing–oord naby Waterpan in Westonaria plaasgevind.
‘n Totaal van 24 leerlinge het deelgeneem en 20 van hulle het gekwalifiseer om die afgelope Vrydag en Saterdag (11 en 12 November) aan die skool se hengelkompetisie by die Vaaldam deel te neem.
Hoërskool Jan Viljoen se Ryno Hutton tydens die hengelkompetisie. Foto ingestuur
Aan die einde van die twee dae het Jeandre Engelbrecht weggestap met die grootste vis terwyl William Warer die meeste visse en die swaarste sak gehad het.
Volgens Herman Badenhorst, Jannas se Hengelklub-organiseerder was dit ‘n heerlike naweek. Hy het gesê die seuns kan skaars wag vir die volgende hengelnaweek.
“Dankie Jannas vir spesiale geleenthede soos dié,” het Heerman gesê.
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.