NewsSchools

Melktandjies se skitterkonsert

Met die hoofkonsert op 18 November beloof dit om 'n groot aand vir beide kleuters en hul ouers te wees.

Op 17 November het die Herald ‘n proesel gekry van Melktandjies Kleuterskool se jaarlikse konsert met die tema Amazing by Randfontein Laerskool.

Met die hoofkonsert op 18 November beloof dit om ‘n groot aand vir beide kleuters en hul ouers te wees.

Die saal was met die mooiste versierings getooi, en die woord Amazing het in neonligte geflikker.

Nihann van Wyk, 2, was 'n ster by die konsert.
Nihann van Wyk, 2, was ‘n ster by die konsert.

Die dogtertjies was geklee in pragtige pienk rokkies. Twee ander het die mooiste, elegante swart syrokke aangehad. Die seuntjies was te fraai in hul wit hempies met geel skitterende dassies. Die klank is uitstekend en is deur Gert de Beer, ook bekend as Gert Kitaar behartig.

Die dekor is kleurvolle karre, en ‘n oulike klein 4×4 het in die middel van die gehoor gestaan. Die kleuters het hulle absolute beste gelewer en hulle ritme was uitstekend.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button