NewsSchools

Die Herald se toekomstige joernaliste?

Ram se Ramkiekie wen derdeplek in skoolkoerantkompetisie.

Laerskool Randfontein (Ram) het ‘n paar uitstekende joernaliste en redakteurs.

Ram se skoolkoerant, Ramkiekie, het tydens die Nasionale Skoolkoerantkompetisie uitstekend gevaar en het die derde plek in die Beeld-verspreidingsarea behaal.

“Dis ‘n ongelooflike prestasie as mens in aanmerking neem dat Ramkiekie in 2001 as ‘n nuusbrief begin is. In 2014 het die nuwe skoolhoof, Leon Haupt, besluit om die nuusbrief in ‘n volwaardige skoolkoerant te verander,” het skoolwoordvoerder Annie Nolan vertel.

Die skoolkoerant is ook onder die bekwame leiding van Annie, wat bygestaan word deur ‘n leerdersredaksie en verskeie ander onderwysers.

Ramkiekie het die afgelope drie jaar baie gegroei en verbeter. Daar is meer bladsye en ‘n groter verskeidenheid artikels,” het Annie gesê.

Ram se Graad 7-redaksielede het ‘n spog prysuitdelingsfunksie by Media24 bygewoon waar hulle hul prys ontvang het. Die prys was ‘n sertifikaat, ‘n medalje en R1 000.

“Die leerlinge het soos volwaardige joernaliste gevoel en is bederf met ‘n driegangmaaltyd,” het Nolan gesê.

Die skool se doelstelling met Ramkiekie is om hul ouers en die omliggende gemeenskap op hoogte te hou van die belangrikste gebeure in die skool. Daar word erkenning gegee aan die leerders se besonderse prestasies in die klaskamer, op kultuurgebied en die sportveld.

Ramkiekie fokus daarop om ons lesers op datum te hou, hulle te motiveer en om prestasies te vier.

“Met die ondersteuning van Laerskool Randfontein se bestuur en beheerliggaam glo ons die koerant gaan nog verder groei en ontwikkel. Toekomstige joernaliste word van kleins af by Ram gekweek,” het Annie gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button