NewsSchools

Dis hoe jy ‘n jaar afsluit!

Brendan Peyper en 'Stilfontein' laat Jannas die jaar op 'n hoë noot afsluit.

Brendan Peyper, ‘n bekende sanger het onlangs by Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) opgetree om die skooljaar af te sluit.

Peyper se vertoning het op Saterdag, 26 November in ‘n stampvol skoolsaal plaasgevind. Jannas het nie net een bekende Suid-Afrikaanse musikant gekry om by hulle op te tree nie. Almur Marais, beter bekend as Stilfontein van The Voice SA het vir die voorvertoning van die opwindende aand gesorg.

Julius Katzke, Jannas-skoolhoof en Brendan Peyper tydens die skool se jaarlikse afsluiting. Foto: Ingestuur.
Julius Katzke, Jannas-skoolhoof en Brendan Peyper tydens die skool se jaarlikse afsluiting. Foto: Ingestuur.

Die weer het egter nie saamgespeel vir die skool se beplande buitelugkonsert nie, maar dit het ondersteuners nie gekeer nie. Daar was steeds verskeie stalletjies wat kos verkoop het soos by ‘n gewone fees.

“Wow! Geen woorde kan die vertoning beskryf nie. Randfonteiners was op hulle voete tydens Brendan se vertoning,” het Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder vertel.

Talle bekendes in die dorp het die vertoning bygewoon. Ettiene van Niekerk, ‘n Randfonteinse landdros, het alles goed op sy Facebook-blad opgesom.

“Brendan Peyper is nie net ‘n mooi gesig en gespierde lyf nie. Hy is ‘n meesterlike kitaarspeler en nootvas op enige liedjie wat die gehoor hom vra om te speel en sing. Sy 150 minute lange vertoning is waarde vir geld. Groot talent wat nog jare diep spore in die plaaslike mark kan trap.”

“Jannas bedank elke ondersteuner wat van hul jaarlikse afsluiting ‘n sukses help maak het. Jannas is weereens baie trots,” het Tamaryn gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button