Annatjie Mostert, wie se onderwysloopbaan oor 48 jaar strek en wat altesaam 41 jaar diep spore by Hoërskool Riebeeckrand getrap het, roep nou die professie vaarwel toe.
Annatjie se onderwysloopbaan het in 1968 by Hoërskool Jan de Klerk begin. Na drie jaar daar het sy ‘n 1971 as ‘n Huishoudkunde-onderwyser by Hoërskool Riebeeck begin. Na 29 jaar by Hoërskool Riebeeckrand het sy vir ses jaar by Hoërskool Noordheuwel skoolgehou en weer in 2004 teruggekeer Hoërskool Riebeeckrand toe.
Sy het sedert 1987 Hotelhouding en Spyseniering gegee, wat nou as Gasvryheidstudies bekendstaan. In die laaste twee jaar het sy Verbruikerstudies aangebied.
Annatjie het al die jare ‘n passie vir die vak gehad en dit die afgelope 49 jaar ten volle uitgeleef. Sy sien uit na ‘n rustiger lewe en om tyd saam met haar kinders en kleinkinders deur te bring.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort Record, Krugersdorp News and Get It Joburg West Magazine
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



