Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het onlangs tydens ‘n spoggeleentheid hul top kultuur- en sportpresteerders aangewys en vereer.
Volgens Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder is die skool trots op elke leerder wat bygedra het tot ‘n suksesvolle jaar.

Dankie dat julle jul unieke stempel afgedruk het – van die grootste rugbyman tot die seuns wat agter die skerms die dekor tydens die revue gewissel het. Elkeen van julle word opreg waardeer en raakgesien,” het Tamaryn gesê.
Hierdie is vier van die leerders wat toekennings ontvang het:
• Vincent du Bruyn – Sportseun van die Jaar
• Anja Esterhuizen – Sportdogter van die Jaar
• Ashley Cowan – Kultuurleerder van die Jaar
• Johannes Murphy – Janna van die Jaar

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



