Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het hul jukskeiseisoen op ‘n hoë noot afgesluit.

Dit nadat vyf van die skool se spelers in die Wesrand-jukskeispan opgeneem is.
Hulle het onlangs aan hul eerste jukskeitoernooi deelgeneem in Pretoria en ook puik gevaar.
“Jannas is baie trots op die leerders,” het Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder gesê.
Wesrand-jukskeispelers:
• Ruan Steyn
• Ryno Pienaar
• Daleen Nel
• Dyllan Broodryk
• Tiaan Fourie

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



