Op Woensdag 11 Januarie was dit weer terug skool toe vir talle leerders maar vir die nuwe Graad 1’s was dit ‘n eerste keer. En daar was byna 200 van hulle.
Eerstens het Karel Stoop, skoolhoof ouers en die opgewonde kleintjies hartlik verwelkom. Hy sê dat hierdie ‘n nuwe reis vir die Graad 1’s is en hy hoop dit ‘n wonderlike reis vir hulle sal wees.

Soos Rappies se tradisie voortleef, het die nuwe leerders almal op hulle stoele gestaan waar hulle verduidelik is dat hulle elke dag skool moet geniet.
Die saal was volgepak en baie Graad 1’s het hulle ma en pa se hande styf vasgehou. Die Herald het vanjaar nie trane opgemerk nie, maar van die ma’s het mooi woorde in hulle kinders se ore gefluister.

Die Graad 1’s het almal spoggerig in hul nuwe skoolklere gelyk en die dogterts se hare was vol strukkies terwyl die seuns se hare netjies was.
Al was dit hul eerste skooldag ooit het van die Graad 1’s klaar begin gaap. Een ma het gesê dat dit seker van al die opgewondenheid die vorige aand was. Die ouers en Graad 1’s het gelag toe hulle hoor dat hulle al klaar huiswerk gaan kry.

Een ma en pa het ‘n groot dag beleef aangesien hul jongste kind kleuterskool en die ander met Graad 1 begin.
Keenan Bezuidenhout het oor sy eerste groot dag gesê, “Ek is baie opgewonde”.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



