Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se top 15-atlete wat aan die Noordheuwel Top 15-atletiekbyeenkoms by die Universiteit van Johannesburg (UJ) op Woensdag, 8 Februarie gaan deelneem, is onlangs aangekondig.
Hulle is gekies kort na hul huissportbyeenkoms waartydens Zuricha van Heerden as die junior Victrix Ludorum en Angelique van Niekerk as die senior Victrix Ludorum aangewys is. Arno Janse van Vuuren was die junior Victor Ludorum en Luhallan van der Bergh die senior Victor Ludorum.
Die beste atlete van ongeveer 70 skole van regoor Suid-Afrika gaan teen mekaar kompeteer om as die beste gekroon te word.
Jannas-atlete om dop te hou:
• Arno Janse van Vuuren – o.15 hoogspring met ‘n persoonlike beste van 1,85m
• Luhallan van der Berg – o.19 hoogspring met ‘n persoonlike beste van 2,08m
• Stefan Bezuidenhout – o.16 200m-naelloop met ‘n persoonlike beste van 23,46s
• Kevin Zaayman – o.16 200m-naelloop met ‘n persoonlike beste van 23,36s
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort Record, Krugersdorp News and Get It Joburg West Magazine
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



