Op Saterdag, 4 Februarie is die weer stip dopgehou, want Rosemarie Kahn Kleuterskool het hul jaarlikse atletiekbyeenkoms gehou.

Bianca Pindral
Die weer het gelukkig saamgespeel, en daar was groot opwinding en ook die heerlike geur van gebraaide boerewors in die lug. Van vroegdag af het die ouers aan worsrolle gesmul terwyl hul klein atleetjies voorberei het vir hulle onderskeie items.
Die byeenkoms is afgeskop met ‘n pragtige optog waartydens die Rosemarie Kahn-vaandel trots omhoog gehou is. Agter die vaandel het die atleetjies in rooi gevolg.

Tydens die naellope het die skare hul kinders opgewonde langs die baan aangemoedig. Daarna het van die maatjies oor die hekkies geseil wat net hoog genoeg vir hul klein beentjies was.
Ouers het ook met groot oorgawe deelgeneem aan die item waartydens hulle self die kans gekry het om kragte op die baan te meet. Die hoogtepunt van die dag was natuurlike die toekenning van 1ste, 2de en 3de plekke in elke item.

Nie een van die deelnemers is met leë hande huis toe nie. So is nog ‘n baie suksesvolle atletiekbyeenkoms vol pret afgesluit.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort Record, Krugersdorp News and Get It Joburg West Magazine
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



