Agt-jarige Jonathan Arlow, ‘n leerder by Laerskool Rapportryer, is uitgenooi om op 1 Oktober aan die 2017 Bangkok Global Association of Japanese Soroban and Mental Arithmetic (GAJMA)-kompetisie in Thailand deel te neem.
Dié wiskundeboffin vertrek saam met sy ma, Sunel, 34, en oom op 28 September soontoe.
Sy ouers het besluit om hom op ‘n vroëe stadium in sy lewe aan Abakus-wiskunde voor te stel. Die konsep was eers baie vreemd vir hulle, maar toe Sunel meer daaroor leer, is sy verseker dat die konsep net goed vir Jonathan kan wees.
Jonathan is tans op “Level 10” in Abakus-terme.

Hy het al in drie kompetisies deelgeneem waar hy ‘n silwermedalje ontvang het. In sy tweede kompetisie het hy met ‘n gouemedalje weggestap en met sy derde kompetisie wat verlede jaar Oktober gehou is by Hoërskool Roodepoort, het hy ‘n baie groot medalje verwerf. Dit is ook waar hy in kennis gestel is dat hy gekies is om Suid Afrika te verteenwoordig by GAJMA.
Jonathan gebruik ‘n reënboog-abakus gedurende kompetisies en om op te oefen. Die boffin is opgewonde oor sy vyf dae in Thailand. Hy is bietjie skrikkerig vir die tipe kos wat hy gaan eet, maar sal darem vir mense daar vertel van die Groot Vyf.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



