CrimeNews

Huisinbrake neem toe in R’fontein

Huisinbrake in Randfontein het toegeneem. Hier is 'n paar voorsorgmaatreëls danksy Mapogo.

Wiehan van der Merwe, Mapogo Sekuriteit se Operasionele Direkteur het gesê daar is ‘n styging in huisinbrake in Randfontein – veral omdat dit winter is.

Volgens Van der Merwe word huisbrake kort-kort op buurtwag-, gemeenskapspolisiëringforums- en AfriForum-groepe gerapporteer.

Hy het ‘n aantal voorkomingsmaatreëls genoem wat inwoners kan toepas om hulself, families en bure se veiligheid te verseker.

“As jy naby jou huis kom, kyk in die straat rond of daar nie vreemde motors of persone is nie. As jy iets vermoed, ry om die blok en as die persone of motor steeds daar is, meld dit eerder aan.”

Verdere voorsorgmaatreëls:

• As jy naby jou hek kom, maak eers seker dat daar nie vreemde mense of voertuie naby die hek is nie. Stop dan langs die hek en maak dit oop. Misdadigers kan jou andersins voor jou hek met hul motor vaskeer.

• Wees altyd wakker, kyk om jou en wees op jou hoede.

• Hou al jou deure te alle tyd gesluit, veral die veiligheidshekke by die kombuis wat maklik oopgelos word.

• As jou of jou bure se honde onrustig is, kan dit ‘n teken van gevaar wees.

• As jy ‘n vreemdeling op of by jou hek sien, druk jou paniekknoppie, maak dadelik seker al die deure is gesluit en sluit jouself dan in ‘n vertrek toe. Misdadigers kan jou hekmotor breek en die hek van die spoor af lig.

• Maak seker dat jou paniekknoppie in ‘n werkende toestand is. Wanneer jy dit wil toets, stel eers jou sekuriteitsmaatskappye daarvan in kennis.

• As jy buite werk, hou jou paniekknoppie byderhand.

• Laseralarms buite jou huis is ook ‘n uitstekende metode om jou teen indringers te waarsku.

• Leer jou bure ken, ruil telefoonnommers uit en stel mekaar in kennis van enige kriminele aktiwiteite.

• Benadruk dit by die werkers by jou huis om niemand op jou perseel toe te laat nie. Gee vir hulle die noodnommers en wys hulle waar die paniekknoppie is.

• Mapogo-technici sal nie onverwags jou huis opdaag nie. Hulle skakel altyd eers.

• Sekuriteitsreaksie-eenhede probeer so gou moontlik by ‘n insident uitkom, maar sorg dat jy jouself veilig hou totdat hulle daar kom. Daar is faktore wat hul reaksietye beïnvloed, al doen hulle hul bes om so gou moontlik op te daag.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button