NewsSchools

Westonaria se top redenaar mik hoog

Sy het 'n groot liefde vir Afrikaans.

Hoërskool Westonaria spog met ‘n top redenaar wat binnekort in die Wes-Kaap gaan deelneem.

Samantha van der Nest is ‘n Graad 9-leerder wat ‘n groot liefde vir Afrikaans het.

Sy het onlangs aan die semifinaal van die bekende ATKV-redenaarskompetisie deelgeneem en met die wentitel in die kategorie Eerste Addisionele Taal weggestap.

Dié redenaarskompetisie vereis ‘n oorredende en beredeneerde toespraak. Die hoofdoel is nie om kennis aan die gehoor oor te dra nie, maar om die gehoor te beïnvloed en te oorreed om die standpunt wat die spreker stel, te aanvaar.

Die finale rondte van die kompetisie vind op 11 Augustus by die ATKV-Goudini Spa naby Worcester plaas.

“Ons is baie trots op haar dat sy so vêr gekom het,” het woordvoerder Elmarie de Kok gesê.

Die Herald sal sy lesers laat weet hoe Samantha in die finaal gevaar het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button