NewsSchools

W’aria-slimkop op pad Harvard toe

Hoërskool Westonaria is in die sewende hemel omdat 'n Graad 9-leerder genooi is Harvard Universiteit toe.

Hoërskool Westonaria spog met ‘n slimkop in Rekeningkunde.

Sbonelo Ntombela, ‘n Graad 9-leerder het onlangs aan die Rekeningkunde Olimpiade deelgeneem en met die wentrofee weggestap. Hy het boonop ‘n groot prys losgeslaan.

Sbonelo het ‘n beurs ontvang en vertrek op 23 Junie om twee weke lank aan die Harvard-universiteit te studeer. Dit is ‘n private navorsingsuniversiteit in Cambridge, Massachusetts wat in 1636 gestig is en een van die mees gesogte universiteite ter wêreld is.

“Al die onkoste vir sy reis is betaal,” het skoolwoordvoerder Elmarie de Kock gesê.

Die skool is baie trots op Sbonelo se prestasie en wens hom alles van die beste toe met sy avontuur.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button