NewsSchools

Rammies vier 80e verjaarsdag

Ram het in 1937 as die eerste Afrikaans-medium skool in Randfontein sy eerste leerders verwelkom.

Op Woensdag (3 Augustus) het Laerskool Randfontein hul 80e verjaarsdag gevier. Die Rammies-leerders was trots en opgewonde om die spesiale dag te kon vier.

Nagenoeg 1 400 leerders en 78 onderwysers het die dag op die veld bymekaar gekom waar 80 ballonne losgelaat is.

80 ballonne word losgelaat.

Die leerders het ook die syfer 80 op die veld gevorm en elkeen het ‘n stukkie koek gekry.

Ram het in 1937 as die eerste Afrikaans-medium skool in Randfontein sy eerste leerders verwelkom. Die skool het deur die jare baie hoogtepunte beleef. Volgens die hoof, Leon Haupt is die leerders, die onderwysers, die ouers en vorige hoofde dié wat die geskiedenis gevorm het.

Leon Haupt, skoolhoof vertel vir die leerders van die skool se geskiedenis.

Daar is nog foto’s van die dag op ons Galery.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button