Rappies-leerders het die Herald se vrouepersoneel op Dinsdag, 8 Augustus met sjokolade vir Vrouedag verras.
Brandon du Preez, ‘n studentonderwyser het saam met die twee Laerskool Rapportryer-leerders, Marcel Olivier en Heinrich Schmidling opgedaag, en sjokolade aan die vyf vrouepersoneellede van die Herald uitgedeel. Die sjokolade is deur die skool verskaf.

Maar hulle het nie daar opgehou nie …
Dié mooi gebaar is na Vriendskaptuiste Ouetehuis, Lenmed en Life Robinson Privaat Hospitaal, die Renaissance Aftree-oord asook verskeie kleuterskole uitgebrei.
Rappies het die harte van ‘n hele paar vroue in Randfontein met hierdie spesiale gebaar bly gemaak. Die Herald sê baie dankie vir Rappies. Dit is lekker om te sien dat daar nog respek vir vroue in skole gekweek word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



