NewsSchools

Riebeeckrand se nuwe 2018-groep leiers bekend

Riebeeckrand se nuwe seniorraad vir die 2018 skooljaar wil nie net binne die skool 'n verskil maak nie maar ook die gemeenskap.

Hoërskool Riebeeckrand se Seniorraad vir die 2017/ 2018-skooljaar is onlangs ingehuldig en hul Bestuurkomitee aangekondig.

Die hoofseun is Renaldo Liut en die hoofdogter Larisha van Wyk. Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder is Larisha en Renaldo sedert sesjarige ouderdom vriende.

Hulle het oor die jare heen ‘n hegte vriendskap opgebou wat nou tot hul voordeel strek en hulle ‘n uitmuntende span maak. Albei is baie trots om deel te wees van wat hulle ‘n “spogskool” noem en kan nie wag om hande te vat met die res van die Dagbestuur en Seniorraad nie.

Hoërskool Riebeeckrand se nuwe hoofseun en hoofdogter: Renaldo Liut en Larisha van Wyk. Foto ingestuur

Die onderhoofseuns is Martin Schutte en Jason Storm, terwyl Christy Duvenage as die onderhoofdogter aangewys is. Corrine Human, Jessica Joubert, Pierre Maree en Stefan Schutte maak deel uit van die uitvoerende komitee.

“Hulle wil hulle graag saam ‘n verskil maak deur van Riebeeckrand ‘n skool te maak wat ‘n positiewe impak op die toekoms van Randfontein en sy gemeenskap sal hê. Ons skool se leuse is ‘Geanker in geloof’, en hulle wil graag saam met die res van die skool op die beginsels en waardes staan wat die skool onderskryf. Ons sal weer vanjaar op God se hulp steun om van Riebeeckrand ‘n skool te maak waar kinders, ouers en onderwysers elke dag gelukkig kan saamwerk,” het Elzeri gesê.

Die Seniorraad van 2018 sal dan binnekort ook die nuwe Graad 8-leerders verwelkom.

Riebeeckrand se nuwe Seniorraad 2017/2018. Foto ingestuur.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button