NewsSchools

Diamant-toekennings waar jy kyk vir Rappies by Raca

Ondanks slegs drie weke se voorbereiding het Rappies-leerders almal Diamant-toekennings tydens 'n Raca-kompetisie ontvang.

Laerskool Rapportryer se spreekkore het uitstekend gevaar tydens ‘n onlangse Raca-kompetisie gehou by Randfontein High School (RHS).

Van die Graad 1’s tot die Graad 7’s het almal Diamant-toekennings ontvang. Dit is die hoogste toekenning wat tydens die Eisteddfod toegeken word.

Die leerders het slegs drie weke gehad om voor te berei en het hulself baie goed van hul taak gekwyt,” het Roleen Olivier, skoolwoordvoerder beklemtoon.

Die spreekkore is afgerig deur die volgende persone:

• Gr 1: Anzelle Jordaan en Lizél Wilken
• Gr 2: Laneldi Olivier
• Gr 3: Annalize Collins
• Gr 4: Mariska vd Merwe
• Gr 5: Ziskia Geldenhuys
• Gr 6: Errard Ernsting en Magda Swart
• Gr 7: Magriet Botha

“Baie geluk aan die personeel en leerders. Rappies is baie trots op julle!” het Roleen bygevoeg.

Die Graad 1-spreekkoor. Foto ingestuur.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button