Hoërskool Jan Viljoen het Dinsdag, 19 September sy seniorraad vir die 2017/ 2018-skooljaar ingehuldig. Die name van die Dagbestuur is ook bekendgemaak.
Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder het van die spoggeleentheid vertel en gesê dat die nuwe leiers gereed is vir die groot taak wat op hulle wag.

Die president is Ashley Cowan en die visepresidente is Tiaan van Niekerk en Paula-Jade Lisher. Die ander lede is Marlene Venter (sekretaresse), Hugh Marais (religie), Victoria Carlinsky (akademie), Ally Sibiya (sport), Shanay Stead (kultuur), Wynandré Human (bemarking) en Elise Stols (koshuisleier).
“Die span glo dat hulle ‘n positiewe impak in die skool en op hul maats sal maak,” het Tamaryn gesê.
Die skool se graadverteenwoordigers vir 2017/ 2018 is as volg:
Gr. 9
• Zurica van Heerden
• Jacques Ayres
Gr.10
• Jacorene Visser
• George Schmulling
Gr.11
• Mariska Kruger
• Stefan Bezuidenhout
• Kayla Schoombie
• Ryno Hutton
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



