NewsSchools

Rappies beleef bobaas krieketseisoen

Groot groep seuns van Rappies haal die Gauteng-Wes (D2) en Randwes-krieketspanne.

Laerskool Rapportryer spog met ‘n goeie krieketseisoen.

Dit word bewys deur die groot groep Rappies-seunskrieketers wat onderskeidelik die Gauteng-Wes (D2) en Randwes-spanne gehaal het.

Hierdie spelers is in hul onderskeie ouderdomsgroepe in Randwes-spanne ingesluit:

• o.9-span: Tiaan Hendriks, Pieter Steenekamp, Tyler Verreyne, Marku Labuschagne, Duncan de Lange

• o.10-span: Antonie v Niekerk, Conrad Brandt

• o.11-span: Juanco Bekker, JD Landsberg, Johan Collins

• o.12-span: Dillen Stoltz, Heindrich Albrecht, Christo Troskie

• o.13-span: Jadin Smith, Kieran Knight, Dylan Pienaar en Ruan Hendriks

Volgens Roleen Olivier, skoolwoordvoerder, het die spanne uitstekend gevaar in die krieketliga en het almal vir die uitspeelwedstryde gekwalifiseer. Rappies het ook sake op die krieketveld teen hul buurskool, Laerskool Randfontein oorheers toe Rappies in vier uit vyf kragmetings aan die wenkant was.

Verder is sewe seuns, naamlik Tiaan Hendrick, Pieter Steenekamp, Antonie v Niekerk, Conrad Brand, Dillen Stolz, Kieran Knight en Jaden Smith in die Gauteng-Wes (D2) krieketspan opgeneem.

“Baie geluk aan die seuns en afrigters, en sterkte met die uitspeelwedstryde wat hierdie kwartaal op julle wag,” het Roleen gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button