NewsSchools

Twee duxleerders in een huis

Dié sussie en boetie is die kinders van Evert du Plessis, Streeksvoorsitter van die DA aan die Wes-Rand.

Die Du Plessis’s van Laerskool Rapportryer is ware uitblinkers. Die 12-jarige Zandri en haar negejarige boetie, Wian is albei aangewys as duxleerders in hul onderskeie grade tydens die jaareindprysuitdeling wat vroeg in November gedoen is.

Zandri is in Graad 6 en dit is vanjaar die derde keer dat sy die duxleerder is. Sy wil graag ‘n dokter word, en met haar uitstaande prestasies staan daar nie veel in haar pad nie.

Wian en Zandri du Plessis is albei duxleerders van hul onderskeie grade.

Sy is lid van die spreekkoor en van die Raakvatters-groep, sy het al by Raca opgetree en sy neem deel aan atletiek, hokkie, skopboks en drama. Op ‘n kultuurgebied blink sy ook uit en het reeds ‘n maroenbalkie vir uitsonderlike prestasie ontvang.

Zandri is bekend as ‘n toegewyde leerder en het in Afrikaans, Engels, Wiskunde, Natuurwetenskap, Tegnologie, Sosiale en Lewenswetenskappe bo 80 persent gekry. Haar geheim is dat sy lank voor die tyd begin studeer.

Daar is akademiese erekleure aan haar toegeken vir haar gemiddeld bo 85 persent. Sy het boonop akademiese trofeë ontvang vir Afrikaans, Engels, Wiskunde en Sosiale Wetenskappe.

Wian is die duxleerder vir Graad 3. Hy is die toppresteerder in Afrikaans, Engels, Wiskunde en Lewensvaardigheid. Hy het erekleure gekry vir akademie.

Hy neem aan massalandloop deel en was vanjaar lid van die o.9B-rugbyspan. Op kultuurgebied het hy tydens die Raca-kompetisie vier diamant-, drie platinum- en een gouetoekenning ontvang. Wian hou baie van lees, en natuurlik van videospeletjie. Hy wil graag eendag professioneel rugby speel.

Dié sussie en boetie is die kinders van Evert du Plessis, Streeksvoorsitter van die DA aan die Wes-Rand.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button