Laerskool Randfontein spog met drie top skrywers. Dit is onlangs bevestig nadat die skool vir die tweede jaar aan die Nasionale Skryf Net-kompetisie deelgeneem het.
Lynette le Grange staan aan die hoof van die inskrywings by Ram.
“Leerlinge word uitgesoek op grond van hul skryftalent in Afrikaans en aangemoedig om ‘n oorspronklike storie te skryf,” het Ram-woordvoerder, Annie Nolan gesê.
Die doel van die Skryf Net-skryfkompetisie is om kreatiewe skryfuitnemendheid onder laerskoolleerlinge in Suid-Afrika te ontdek, aan te moedig, te erken en te beloon. Laerskoolleerlinge tot en met 13-jarige ouderdom kan aan die kompetisie deelneem. Daar is twee kategorieë – vir kinders van ses tot nege jaar oud, en vir dié van tien tot 13 jaar oud. Stories kan in Afrikaans, Engels, Sotho en Zulu geskryf word.

Annie het aan die Herald vertel dat dit die vyfde jaar is dat dokter Owen Msimango, wat ‘n voorliefde vir skryf het, die landswye skryfkompetisie aanbied. Hy is ‘n Suid-Afrikaner wat in Derby in Engeland as tandarts praktiseer. Hy kom elke jaar spesiaal Suid-Afrika toe om die wenners se pryse persoonlik te oorhandig.
Ram is baie opgewonde omdat hulle twee wenners en een naaswenner in die kompetisie gehad het. Dokter Msimango het die skool op 16 November besoek om die pryse in die onderskeie kategorieë te oorhandig. Hier is Ram se skryfkampioene:
Afrikaans – ses tot nege jaar:
Eerste: Luhann van Heerden
Afrikaans – tien tot 13:
Eerste: Elandré Obermeyer
Tweede: Karla StrydomRam het ook dié leerlinge tydens die jaarlikse prysuitdelingsfunksies vir hul besondere prestasies vereer en erkenning gegee.
“Dis ongelooflik om te dink dat twee van die wenners uit een skool kom. Ons is baie trots op die leerlinge,” het Annie gesê.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



