Leer ‘n Teiner ken #45 – Corne Hulme
Die 45e persoon in die Herald se gewilde 'Leer 'n Randfonteiner Ken'-veldtog voorgestel.
In hierdie week se aflewering van die bekende #Leer ‘n Teiner ken-reeks het die Herald met Corne Hulme, 28 kennis gemaak. Corne is die 45e persoon wat ons in dié reeks ontmoet.
Corne het op eenjarige ouderdom saam met sy ouers Randfontein toe verhuis en bly sedertdien in die dorp. Hy was in Laerskool Randfontein en in Hoërskool Jan Viljoen. Hy is die trotse eienaar van ‘n drukkersmaatskappy.
Corne het aan die Herald vertel dat hy ongeveer drie maal per week braai en daarvan hou om gesellig te wees. Vir hom maak die gemeenskap die dorp en hy het vertel dat hy met almal goed oor die weg kom.
Hy het bygevoeg dat sy ouers ook steeds trotse Randfonteiners is.
“Randfontein is tog ‘n klein myndorpie en in klein dorpies is die gemeenskap na aan mekaar,” het Corne gesê.
In sy vrye tyd speel hy graag gholf, braai en vang vis. Hy was vir ongeveer 14 jaar deel van die Randfontein Rugbyklub en is onlangs tot komiteelid verkies.
Hop, die nuwe pizzarestourant in Randgate, verkoop sy gunsteling kos. Sy verborge talente is dat hy kan kitaar en trom speel.
“Ek glo nie ek sal ooit kan verhuis nie, maar ek sal graag eendag Nieu-Seeland toe wil emigreer,” het Corne gesê.
Sy grootste droom is om ‘n strandkroeg in Mosambiek te hê.
Die gemeenskap ken Corne as Corras, ‘n bynaam wat hy reeds van skool af het.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



