Gemeenskap wys hul sangtalent
Die karakter wat die meeste aandag getrek het, was Mr Bean met sy woeste bos rooi hare.
Groot opgewondenheid en pret het op Saterdag, 2 Desember by die AGS Randgate geheers.
Die Koinonia-groep van die kerk het die karaoke-aand gereël en die gemeenskap het in groot getalle opgedaag en hulself gate uit geniet.

Daar is besluit dat dié wat die geleentheid bywoon, ‘n snaakse uitrusting sal dra, dat slaptjips bedien gaan word en dat daar tot laat dié aand gekaraoke sal word.
“Of die kostuums nou tuisgemaak of gehuur was, almal het deelgeneem aan die pret,” het organiseerder Carlien Peens gesê.
Trompie en die Boksombende, Kaptein Jack Sparrow en sy medeseerower, feetjies, ‘n gorilla, motorfietsryers, cowboys en chefs, om maar net ‘n paar te noem, was almal daar.
Die karakter wat die meeste aandag getrek het was Mr Bean met sy woeste bos rooi hare. Aan sangtalent was daar ook geen tekort nie en terwyl die dapperes gesing het, is hulle deur ‘n geesdriftige gehoor aangespoor.
Carlien het aan die Herald vertel dat die aand ‘n groot sukses was. Almal was heerlik gesellig en het gedeel in die pret.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



