CrimeNewsUpdate

Ma, stiefpa skuldig aan blou-oog Poppie se moord

Hulle verskyn weer op 28 Februarie 2018 wanneer voorvonnisverslae voorgelê sal word. Kobus Koekemoer is Poppie se stiefpa.

Die twee beskuldigdes, Louisa (biologiese ma) en Kobus Koekemoer (stiefpa) is gister in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind aan die moord op Poppie van der Merwe, 3. Die peuter is verlede jaar dood.

Pragtige Poppie van der Merwe, is op die ouderdom van drie oorlede. Foto: Facebook.

Regter Bert Bam het albei skuldig bevind aan moord, kindermishandeling en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hulle verskyn weer op 28 Februarie 2018 wanneer voorvonnisverslae voorgelê sal word.

Read more here: Stiefpa van vermoorde Poppie kry regshulp

In hul laaste hofverskyning op 5 Desember het Susan Bothma, Poppie se ouma aan moederskant, ter versagting vir haar dogter Louisa getuig.

Kobus Koekemoer, Poppie se stiefpa, luister na die regter se uitspraak. Foto: Ingestuur.

Daar is nie sekerheid of Christo van der Merwe, Poppie se biologies pa wat in Westonaria woon, die hofsaak bygewoon het nie. Poppie is in Westonaria ter ruste gelê.

Also Read:  Poppie at rest, but SA is outraged

Lees die volledige artikel in Dinsdag, 12 Desember se uitgawe.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button