Sionspoort se ‘Candyland’-kersmark tops
Hervormde Kerk, Sionspoort het die afgelope naweek hul 16e Kersmark met 'Candyland' as tema aangebied.
Die Hervormde Kerk Sionspoort het die eerste twee dae van Desember hul 16e Kersmark op hul kerkterrein in Randpoort gehou.
Die Kersmark was oop vir die gemeenskap, kerklidmate, familie en vriende.

Die Herald het op Saterdag, 2 Desember by die mark gaan inloer en met Pieter Gomes, die Kinder- en Jeugleraar gesels. “Ons het afgeskop met ‘n groot ontbyt. Hier is ook ‘n restaurant, heerlike koek, pannekoek, koeldrank en Yankees. Die snuffeltafel is ook ‘n wenner, en die mense snuffel omtrent,” het Pieter vertel.
“Vrydag, 1 Desember was baie suksesvol, maar Saterdag se weer het ‘n rol gespeel. In die algemeen was dit baie suksesvol en almal het lekker gekuier,” het dominee Johan van Staden, wat al 17 jaar by die gemeente betrokke is, na die mark gesê.
Die gemeente het terselfdertyd ’n basaar met lekker musiek gehou. Die kinders het dit beslis geniet. Die Candyland-tema was so na hul smaak omdat hulle aan lekkergoed kon smul.
Johan se twee kinders, Ashlyn, 2, en Jenna, 5, was baie in hulle noppies en het sommer breed vir die Herald geglimlag.
Die gemeente het die feesnaweek op die Sondagaand, 3 Desember met ’n pragtige Kerssangdiens afgesluit, waartydens die gewilde Henry van Dyk en Esté Pienaar, asook orrelis Wim van Vliet saam met die gemeentekoor optree het.
Vir meer inligting oor die Sionspoort-gemeente, kyk gerus op Facebook of skakel 082 464 1547.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



