NewsSchools

Ram-leerders beloon vir hul harde werk

Die saal is versier, spesiale programme met ‘n groepfoto van elke spesifieke graad is gedruk en die trofeë is blinkgepoets vir die uithalerfunksies.

Laerskool Randfontein het teen die einde van die skooljaar verskeie prysuitdelingsfunksies aangebied.

Annie Nolan, wat die Herald-lesers as die Ram-woordvoerder ken, het gesorg dat daar tydens dié hoëgehalte-, spoggeleenthede aan leerders erkenning gegee word vir hul harde werk deur die jaar.

Die saal is versier, spesiale programme met ‘n groepfoto van elke spesifieke graad is gedruk en die trofeë is blinkgepoets vir die uithalerfunksies.

Lourens Loubscher het die hoof, Leon Haupt, se toekenning ontvang.

Tydens die prysuitdelings is daar van Graad 1 tot 7 ‘n totaal van 2 657 toekennings gedoen, waarvan 97 trofeë, 32 buitengewone erekleure en 21 erekleure was. Ram-leerders het hard gewerk en 104 leerders het geel balkies ontvang terwyl 258 leerling wit balkies ontvang het.

Die nuwe Lurex-baadjie het vir groot opgewondenheid gesorg. Hierdie nuwe baadjies word slegs aan leerders gegee wat uiters veelsydig is en konstant puik prestasies lewer. Vanjaar het hierdie ses leerders vir die baadjie gekwalifiseer: Graad 7 – Anre Naudé; Graad 6 – Leanne Greyvenstein, Marlene Kruger, Anri Graaff, Kieran Rautenbach en Clarise Begg; Graad 5 – Elandré Obermeyer.

“Laerskool Randfontein se prysuitdelingsbeleid maak voorsiening vir leerders om ware erkenning vir hul prestasies te kry. Daar is met verskeie nuwe tradisies by vanjaar se prysuitdelings begin. Leerders wat vir sewe jaar aan ‘n aktiwiteit deelgeneem het, is beloon met ‘n pragtige geel lint. Die doel van die toekennings is om deelname onder die leerders aan te moedig,” het Annie gesê.

Die skooljaar is op 30 November amptelik afgesluit met die gesogte Graad 7-prysuitdeling. Dit is altyd die hoogtepunt van die jaar. Volgens Annie het die Graad 7’s na afloop van die prysuitdeling seremonieel uit die skoolsaal gestap terwyl Ram se bestuur en personeel ‘n spesiale erewag vir hulle gevorm het.

Oudergewoonte is die leerders wat vir sewe jaar nooit afwesig was nie, ook vir hul 100 persent skoolbesoek beloon. Elkeen het ‘n medalje ontvang en hul name sal op ‘n ererol in die saal geplaas word.

“Dis voorwaar ‘n seën om so gesond te wees dat jy nooit afwesig is gedurende jou laerskoolloopbaan nie,” het Annie gesê.

Vanjaar het dié ses dogters die besonderse prestasie behaal:

• Richelle van Jaarsveld

• Zaskia Olivier

• Shevuan Swanepoel

• Ilzonné Very

• Delané J v Vuuren

• Eldoné Botha

Die hoof en personeel van Ram is uiters trots op al die leerders se uitmuntende prestasies. Welgedaan, Rammies!

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button