Leer ‘n Teiner ken #46 – Monica Lancellas
Die 46e persoon in die Herald se gewilde ‘Leer ‘n Randfonteiner Ken’-veldtog voorgestel.
In hierdie week se aflewering van #Leer ‘n Teiner ken, het die Herald met Monica Lancellas, 50, kennis gemaak. Sy is die 46e persoon in die gewilde reeks.
Monica is in Beaufort-Wes gebore en ‘n Kapenaar in murg en been. G’n wonder haar gunsteling kos is seekos nie.
Monica het die Herald verras toe sy al die medaljes gewys het wat sy reeds verwerf het, en ook vertel het dat sy al aan die Comrades Marathon deelgeneem het.
Monica, wat die liefdadigheidswinkel Multicharity in Uniestraat in Randgate saam met haar man Craige, 56, besit, bly al vyf jaar in Randfontein. Monica het twee kinders, ‘n seun van 29 en ‘n dogter van 23.
Sy het eers onlangs haar jaaroue kleindogter ontmoet toe haar seun en skoondogter wat in die buiteland woon, kom kuier het. Dis duidelik hoeveel vreugde hulle vir haar bring.
Monica is ‘n baie nederige en gelowige mens, wat glo aan positief wees en nie sleg praat van mense nie. Sy glo die lewe is wat jy daarvan maak, en op ‘n af dag sal sy die Here aanroep en aan haar kinders dink.
Sy het nog ‘n kind, ‘n African Grey-papegaai met die naam Brat. Dié papegaai praat elke dag met haar en sê, “Mamma, ek is lief vir jou”.
Monica se ander passie is draf en padwedlope, waaraan sy die afgelope 13 jaar deelneem – vandaar al die medaljes. Haar naam vir haarself in Randfontein is “Blom”, omdat haar geliefde man haar so noem.
Monica doen ‘n beroep op gesinne in die gemeenskap om net drie items voedsel vir hulle te skenk, aangesien hulle met ‘n Kersfeesprojek besig is met die doel om minderbevoorregte bejaardes en kinders oor die Kerstyd van kos te voorsien.
Skakel haar gerus vir meer inligting by 072 813 0192.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



