CrimeNews

EPR op hul hoede

EPR Sekuritiet het op gesteelde goedere in Vleikop afgekom, en 'n man in Randgate vasgetrek toe hy na bewering 'n karwag met 'n skerp voorwerp gesteek het.

EPR Sekuriteit het die afgelope naweek op gesteelde goedere in Vleikop afgekom, en ‘n man in Randgate vagetrek toe hy na bewering ‘n karwag gesteek het.

Op Saterdag, 9 Desember het reaksie offisier Clinton de Witt ‘n verdagte in Uniestraat, Randgate vasgetrek toe hy na bewering ‘n karwag buite ‘n bekende supermark met ‘n skerp voorwerp gesteek het.

Van die goedere wat gevind is in Vleikop.

Volgens Johan Krogh, Algemene Bestuurder van EPR het hulle met die karwag na ‘n plaaslike kliniek gejaag om sy wonde te behandel. Die verdagte is later deur die polisie gearresteer en vir verdere ondersoek weggeneem.

Op Sondag, 10 Desember is ‘n sak met verskeie inhoud in Vleikop gevind. Indien iemand die inhoud kan identifiseer, kan hy/ sy EPR se kantore bel vir meer inligting. EPR kan gekontak word op 086 169 2195.

Van die goedere wat gevind is in Vleikop.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button