Rina word 90!
Rina het vertel dat sy een van 12 kinders is en dat slegs vier van hulle nog lewe.
Plaaslike inwoner, Rina Steyn het op Dinsdag 12 Desember haar 90e verjaarsdag gevier. Sy is ‘n baie bekende figuur in die gemeenskap en ook baie geliefd.
Die Herald het op Rina se verjaarsdag by haar gaan aanklop en na haar lewensverhaal geluister. Sy het met trots die lysie met name gewys van die persone wat haar reeds gebel en gelukgewens het. Die lang lysie was ‘n bewys dat baie mense vir haar omgee en vir haar lief is.
Rina is in Potgietersrus gebore en is in 1946 daar getroud. Sy woon ongeveer 60 jaar in Randfontein, waarvan sy 30 jaar by haar kinders woon. Sy is steeds baie gesond en loop sonder hulp. Sy geniet die buitelewe, was self haar wasgoed en hou haar kamer netjies. Rina is ‘n kind van die Here en so ken die gemeenskap haar.
Die kerk het op 9 Desember vir my ‘n groot onthaal gehou en ek het dit vreeslik geniet,” het Rina gesê.
Rina het vertel dat sy daaraan glo om mooi na haarself te kyk en om altyd netjies te wees. Sy skryf haar hoë ouderdom toe aan ‘n spesiale room wat sy daagliks gebruik en haar sterk geloof.
Rina het vertel dat sy een van 12 kinders is en dat slegs vier van hulle nog lewe. Haar familie is alles in haar lewe en haar kleinkinders hou haar op haar tone.
“My ouma het oor die 100 jaar oud geword,” het Rina gesê.
Haar gesondheid is oor die algemeen baie goed, maar sy vergeet soms. Alhoewel sy hier en daar ‘n pyn ervaar, laat sy nie toe dat dit haar onderkry nie.
Rina het aan die Herald vertel dat sy baie lief is vir die natuur en veral vir blomme. Sy her vroeër jare ook blommerangskikkings gedoen.
Sy sal graag eendag wil onthou word as ‘n persoon wat ‘n inspirasie was vir ander. Die Herald wens vir Rina geluk met dié besonderse mylpaal.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



