Devonique Breedt (Graad 9) en Monique Pienaar (Graad 11) van Hoërskool Riebeeckrand het deurgedring na die halfeindrondte van die ATKV-redenaarskompetisie wat later vanjaar sal plaasvind.
Devonique neem deel aan die Graad 8 tot 9 Huistaal (voorbereide afdeling) terwyl Monique die Graad 10 tot 12 Addisionele Taal (voorbereide afdeling) gaan aandurf.
Die eerste rondte se uitdunne het reeds vroeg in Maart by Hoërskool Linden plaasgevind.
“Riebeeckrand wens die twee dogters sterkte toe met hul deelname aan die volgende ronde van die gewilde redenaarskompetisie,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



