Op Saterdag, 14 April gaan Melktandjies Kleuterskool en Nasorg ‘n opwindende kleuteratletiek- en familiesportdag by Laerskool Randfontein se sportgronde aanbied.
Die kleuterskole wat gaan deelneem is Bumble Bee Dagsorg, Motswalle (Friendship) Dagsorg en natuurlik die gasheer, Melktandjies. Die sportdag begin om 8vm en daar word groot pret en heelwat trane verwag.
Die program begin met die kreet om 8.15vm, waarna die items afgehandel sal word. Van eenjariges, tweejariges tot sesjariges gaan in aksie wees en die ouers neem saam met hul kinders deel.
Na die sportitems kan die kleuters die Kidz Entertainment geniet deur byvoorbeeld te vis vir albasters, aan die eier-en-lepel- asook sakresies deel te neem en ‘n foto van hulself te laat neem. Daar sal ook medaljes uitgedeel word.
• Navrae: Skakel 011 693 1561 of 084 602 1715.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



